Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
’n Leef-vanuit-boek

Jy gaan nie net na die Bybel toe wanneer jy antwoorde soek op jou vrae nie. Dit is nie ’n geslote boek totdat jy wil weet wat sê die Bybel oor A, B, of C nie.

Party mense meen egter die Bybel is ’n godsdienstige ensiklopedie propvol antwoorde, soos en wanneer hulle dit benodig. Of iets soos “Die Groot Verseboek.” Hulle hanteer die Bybel as ’n boek vol losstaande verse wat slegs vir hul eie omstandighede geskryf is.

Feit is, die Bybel is God se boek. Dit vertel deur die loop van twee testamente wie Hy is en wat Hy gedoen het en steeds doen. Om die Bybel reg te verstaan, moet dit reg gelees word – binne konteks en met inagneming van die verskillende tekssoorte. Maar die Bybel is ook ’n leef-vanuit-boek.

Ons as lesers nooi nooit vir God in ons stories in nie. Dit gebeur andersom. God nooi ons in sy amptelike verhaal in. Ons word deel van sy groter narratief in Christus. Ons leef vanuit sy Woord. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.