Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
’n Toyota Tazz se diff het nie piesangs nodig
Johan van Wyk

Ek het nog nooit ’n Toyota Tazz gery of een besit nie, maar as jy ses gesteelde skape in hom kan laai, vertel dit iets van sy veelsydigheid en sy baas se vindingrykheid.

Amper soos Koos Knelpoort, ’n Tazz-man in hart en siel. Die Tazz, sou hy jou verseker, is ’n lekker, sindelike karretjie. Maar, sou hy byvoeg, soos ’n plat, oopgat two-seater met net twee sitplekke voor, ’n bietjie beknop.

So by so dat lank terug toe hoepelrokke bo-oor drie gestyfde onderrokke nog mode was, jy ’n plat two-seater se ratkierie tussen jou meisie se enkels moes soek.

Nie dat jy nie gewillig was nie. Ek weet, ek het hulle gery . . .

Maar die Tazz was darem nie té beknop nie. Koos se maag het net liggies teen die stuurwiel geskuur wanneer hy in die bestuurdersitplek ingeskuif het.

Toe hy dikker word, het hy stukkies spoor ingelas sodat die voorste sitplek tot teen die agterste bank kon terugskuif.

Toe hy dikker word, het hy stukkies spoor ingelas sodat die voorste sitplek tot teen die agterste bank kon terugskuif.

Dis nie dat Koos nie ’n Duitse weeldewa uit sy gatsak kon koop nie. Hy het nie, want jy kan nie met ’n kar boer nie. Hy het eerder nog grond gekoop en net elke tien jaar ’n nuwe Hilux-bakkie, wat saans in die skeerstoor op Knelpoort onder ’n ou laken toegemaak is. Die Tazz was sy vakansiekar. En dit was juis op ’n vakansie dat die Tazz homself as ’n staatmaker bewys het.

Ná tien dae op Hartenbos sien Koos toe hy volmaak op Richmond daar is ’n vendusie net buite die dorp. En hy is ’n man wat ’n vendusie nie kan weerstaan nie.

Toe hy in die ring met die swaai van sy hand ’n Lucky Strike opsteek, meen die uitgeslape afslaer hy is ’n spekulant wat ’n teken gee om ander bieërs te flous, en slaan die bod op hom toe.

Einde raad stuur hy sy verkoopsman, “Vinnige Frikkie”, met die Alfa Kaap toe om hom daar te gaan smous.

Sy vrou en twee opgeskote kleintjies het die hele pad Knelpoort toe gehuil.

Amper soos “Giftige Gawie” van “Betroubare Motors” op Delpoortshoop toe hy nie ’n gaar Alfa Romeo wat stofpad geloop het, aan ’n behoeftige weduwee van Prieska afgesmeer kry nie.

Einde raad stuur hy sy verkoopsman, “Vinnige Frikkie”, met die Alfa Kaap toe om hom daar te gaan smous.

Frikkie haal die Kaap net-net nadat hy Botterkloof by Clanwilliam in reverse uit is toe die Alfa dit nie in eerste rat kon maak nie.

Op ’n toetsrit met ’n potensiële koper moes Frikkie die radio kliphard draai om die hum in die diff te verbloem. Toe hy, moedeloos, wou weet wat hom te doen staan, het Gawie getelegrafeer: “Sit piesangs in die diff stop moenie terugkom met die Alfa nie stop ”.

Koos Knelpoort is darem nie enduit met die Tazz nie. Toe hulle die reuk net nie meer kon verduur nie, het hy ’n mooi, goedbewaarde tweedehandse Ford Fairlane 500 vir ’n appel en ei aangeskaf.

Wat het hy op die vendusie gekoop en met sy gesin agterin die Tazz Knelpoort toe gery? Twee uitgegroeide moframme.

Meer oor:  Menings  |  Skape  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.