Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
’n Wag voor emosies

Mense herinner ons gedurig daaraan dat ons vir onsself moet dink. Ons hoor egter nie genoeg dat ons ook ons emosies moet oppas nie. Emosies gebeur baie vinniger as denke, vertel brein-navorsers vir ons. Teen die tyd dat ons begin dink, het ons emosies lankal ingespeel op hoe ons in enige situasie moet reageer. Daarom dat ons ons emosies gedurig moet monitor. Ons moet veral lig loop vir daardie blitsvinnige stereotipes oor ander mense wat elke slag ons denke voorspring.

As ons nie elke dag toelaat dat die Here se lig helder inskyn tot daar waar ons diepste emosies gehuisves word nie, gaan ons aan ons neus rondgelei word deur goor gevoelens. Negatiewe emosies gaan parte speel met ons kop. Psalm 141:3 sê ons moet bid vir ’n hemelse wag voor ons mond. Maar ons moet die Here in dieselfde asem ook vra om daardie wag aan diens te stel voor ons emosies. Dan volg die regte denke, gewoontes en gedrag wat God verheerlik.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Emosies  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.