Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Natan-eerlikheid is nodig, broodnodig

“Jy is die man!” Dit is die profeet Natan se padlangse woorde aan koning Dawid ná al sy droogmaak-roetes met Batseba. 2 Samuel 11-12 vertel ons daarvan. Nee, Natan bedoel dit nie as ’n vleiende opmerking soos wat die Amerikaners doen wanneer hulle sê: “You’re the man!”, nie.

Hierdie stelling is nie ’n kompliment vir Dawid nie. Maar dit is ook nie ’n belediging nie; dit is woorde wat die maskers van Dawid se lewe afruk. Dit is ’n kans tot herstel.

Dit kos ’n profeet om die waarheid te ontmasker. Te veel mense smeer dinge toe. Te veel mense praat net agteraf oor hoe ander mense droogmaak. Nooit praat hulle self met die droogmakers nie.

Natan kies om daarvan te verskil. Nog meer, God kies om daarvan te verskil! God se waarheid is onthullend. Dit skyn ’n helder lig op al die donkerte in ons lewe. Hiervoor gebruik Hy steeds sy Natans.

Sulke mense is wel skaars. Dit kos moed om eerlik te wees met ander – nee, nie ongeskik-eerlik nie, net omgee-eerlik.

God gee regtig genoeg vir mense om om eerlik met ons elkeen te wees, genade-eerlik, redding-eerlik. Hy wil nie hê dat ons lewe uitmekaarval nie. Of dat ons wegsink onder die gewig van ons droogmakery nie.

Hy wil ons na aan Hom hê, veilig naby! Hiervoor gebruik Hy sy eietydse Natans.

Laat jy ooit ’n Natan naby jou toe? Is jy ook ’n Natan vir iemand anders?

Meer oor:  Stephan Joubert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.