Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Niémand verdien dít

“Ek het dit seker maar verdien!” Hierdie woorde het my jare gelede toe ek ’n gemeenteleraar was tot stilstand geruk. Dit was die hartseer woorde van ’n vrou wat deur haar man aangerand is. “Niemand verdien dit om aangerand te word nie,” het ek geantwoord. Sy het my net woordeloos aangekyk. Die vrees in haar oë was voelbaar, veral toe sy agterkom dat ek stappe gaan doen om te sorg dat haar man dit nie weer doen nie.

Dit is hartverskeurend hoe sommige mense stil en stukkend geslaan word in hul eie huise. Hul gees word deur lafhartige wreedaards gebreek.

Hoor hier, een en almal van ons is die Here se kosbare eiendom. Ons almal verdien respek.

Kom ons leer dit duideliker as ooit vir mekaar in ons huise, asook in ons kerke en skole.

Kom ons stel self die voorbeeld deur ons huweliksmaats, ons kinders en ons vriende liefdevol op die hande te dra.

Kom ons blaas ook die fluitjie op diegene wat sulke geweld pleeg. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.