Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus
Nuwe werklikhede bring nuwe frustrasies

“Ek dra my masker en ek handhaaf ’n gesonde afstand in die publiek.” Jy ken sulke opmerkings. Of ander soos: “Ek weier om ’n masker te dra. As ek die virus moet kry, dan moet ek dit maar kry.”

Dit is die nuwe gesprek of moet ek eerder sê die nuwe frustrasie! Soms vlam die humeure selfs op tussen mense wat verskillend daaroor dink en optree. Hoe gemaak?

Eerstens moet ons mekaar daaraan herinner dat die koronavirus baie gevaarlik is. Twee van ons vriende in Londen is onlangs daardeur platgetrek. By tye was hul lewe regtig in gevaar. Ek onthou steeds my vriend se woorde: “Moenie hierdie virus onderskat nie. Ek het en dit was ’n groot fout!”

Tweedens moet ons ’n goeie naaste wees vir ander deur ’n gesonde afstand tussen ons en hulle, asook higiëniese reëls, te respekteer. Ons kan nie Kain se truuk daar in Genesis 4 trek deur te maak asof ons nie ons broer se wagter is nie. Ons is! Voor die Here is ons aanspreeklik teenoor mekaar.

Derdens hoef ons nie openbare menings te hê oor almal wat in hierdie tyd anders optree as onsself nie. Ons fikseer nie op hulle nie. Dit pas nie by ons as gelowiges nie. Ons stap weg van eerder as nader aan reëlbrekers.

Laastens moet ons nie ophou leef nie. Ons is nie paranoïes oor die koronavirus nie, maar ook nie heroïes nie. Ons leef met die wete ons lewe is in die Heer se hand.

Meer oor:  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.