Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Oefen só in Christus se gimnasium

As Paulus aan sy jong kollega skryf, word hy deur die Gees gelei om uit sy hart met Timoteus te praat:

“Jy doen nie maar net ’n werk vir jouself of vir ’n baas nie. Jy is ’n bediende vir die Here. Jy moet goeie kos in die huisgesin van die Here bedien. Om ’n goeie bediende te wees, moet jyself ook daardie kos gebruik. Dit sal jou sterk maak.

“ ’n Atleet kan dalk die beste dieet op aarde volg, maar as hy nie oefen nie, help dit niks. Timoteus, jy is ’n atleet vir Christus.

“Die beste wat jy kan doen vir die gemeente is om in Christus te leef. Dit is jou daaglikse oefening. Dit is jou lewenslange oefening om jouself gedurig weer in Christus te vind.

Natuurlik is hierdie woorde nie net vir predikante bedoel nie.

Elke lid van Jesus se huisgesin het die voorreg om Hom te bedien.

Die beste wat jy vir die mense wat vir jou kosbaar is, kan doen, is om ’n geoefende volgeling van Jesus te wees.

Om Geesvervuld te wees, te groei in die geloof sodat sy Genadewoord die duidelike letters op jou as sy lewende brief word.

– Ds. Dirk van’t Zand (Witpoortjie), Uit: Dagstukkies van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika: In U lig, 2018.

V Uit die Woord: As jy hierdie dinge aan die broers voorhou, sal jy ’n goeie dienaar van Christus Jesus wees wat jouself voed met die woorde van die geloof en die goeie leer waarvan jy ’n aanhanger geword het. Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen, het wel ’n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat ’n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.

– 1 Timoteus 4:6-8

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.