Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Omgesukkeld of omgekrap? Skud dit af!

“Die oom is al weer moeilik.”

Ek is seker dit is wat Asaf se vrou sou antwoord as jy haar sou vra hoe dit gaan.

O ja, Asaf was iemand met ’n volle 12 psalms in die Bybel op sy kerfstok. Maar hy was omgesukkeld.

Vat maar Psalm 73. Asaf vertel hier hoedat hy op ’n dag aan God se goedheid begin twyfel het.

Die rede? Wel, sy eie opregtheid het hom niks gehelp nie. Sy probleme het by die dag meer geword. Boonop het Asaf agtergekom dit gaan al hoe beter met korruptes en ongelowiges. Mense wat met God gespot het, se gewildheid het toegeneem, terwyl Asaf se vreugde afgeneem het.

Maar toe doen Asaf ’n baie goeie ding: Hy verskuif sy posisie in sy verhouding tot God: van rug-eerste tot gesig-eerste.

Asaf kies om op te hou om sy rug op die Here te draai. En toe draai hy sy gesig na goed.

Asaf het opnuut aan God se deur begin klop. Toe gaan dit oop, soos wat God beloof Hy sal doen as mense opreg na Hom soek.

Asaf het ontdek die Here is nie blind vir goddeloses se optrede nie. Ook skryf Hy nooit sy kinders af wat swaarkry nie.

Daarom dat Psalm 73 met vreugde afsluit. Asaf bely uiteindelik dat dit vir homself goed is om naby die Here te wees. In God se nabyheid verdamp omgesukkeldheid soos mis voor die son. Leer dit betyds by Asaf. Dit sal keer dat jy ’n omgekrapte mens word.

Meer oor:  Stephan Joubert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.