Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Omhels mensheid om geestelik te groei

Die storie van Adam en Eva in Genesis is tydloos. Benewens die feit dat die Bybel daarmee begin, trek dit nog altyd die aandag van kunstenaars en skrywers.

Hiervan gepraat, Philip Pullman se opmerking in sy inleiding tot Milton se bekende werk “Paradise Lost” (as ’n hervertelling van die Genesis- verhaal) het onlangs my oog gevang.

Hy skryf hier dat die verhaal van Adam en Eva die sentrale storie van ons lewe is. Hierdie verhaal, meer as enige ander een, leer ons wat dit beteken om mens te wees. Hoe meer ons na die beeld van God groei, hoe meer word ons ook mens op die regte maniere.

Prakties beteken dit as ons geestelik wil groei, dan moet ons ook ons eie mensheid omhels. Geloofsgroei is nooit ’n groei weg van ons menswees nie. Of ’n onderdrukking daarvan as deel van die een of ander ontsnapping uit die “regte” wêreld nie. God het ons mens gemaak. Hy het sy lewensasem in ons geblaas. Hy het sy wêreld aan ons gegee om te bewerk, op te pas, mooi te maak.

Hy het ons geskep vir verhoudings met Homself en met ander. Ons is omring met huweliksmaats, vriende, familie. Ons is omring deur ’n natuur wat ons in stand moet hou en moet help oppas.

Ons is mense wat God se heerlikheid moet besing, bepraat en uitleef. Dit vra dat ons op die regte maniere moet menswees soos God dit van die begin af bedoel het.

Meer oor:  Menings  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.