Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ons bekers loop oor

Selfs nadat Jeff Bezos sowat $38 miljard aan sy gewese vrou, MacKenzie, oorbetaal het, is hy steeds die rykste mens op aarde. Sy geldwaarde word tans op $158,8 miljard geraam. MacKenzie Bezos het ná die skikkingsooreenkoms gesê sy besit nou ’n buiten­gewoon groot som geld om weg te gee. Sy het beloof om hard te werk om dit uit te deel “totdat die kluis leeg is”.

Aangrypend! Die Bybel roep ons almal op tot ’n lewe van vrygewigheid. Dit is nie net diegene met baie op hul naam wat moet weggee nie. In Lukas 3 begin Johannes die Doper juis by die armstes wanneer hy sê dat diegene met twee stelle klere een stel het om weg te gee. Almal van ons kan iets deel – tyd, talente, kennis, vaardighede. Ook kan ons ons geld deel. Nee, ons moet, want ons volg Jesus, wat Homself vir ons gegee het. Hy het ons skatryk gemaak voor God. Ons bekers loop altyd oor na ander. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.