Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ons gee onsself, al kos dit ons veiligheid

Op ’n dag is die bekende psi­giater Viktor Frankl in kennis gestel dat sy visum gereed was om na die VSA te emigreer.

Ons is uitverkoop aan Jesus wat sy eie lewe vir ons op die altaar geplaas het. Ons gee onsself aan Hom en aan ander.

Dit was in die Tweede Wêreldoorlog toe die wind sterk van voor teen Jode in Oostenryk gewaai het waar hy en sy familie gewoon het.

Op pad terug huis toe met sy visum kom daar ’n groot twyfel in sy hart.

Wat van sy ouers? Moet hy hulle oorlaat aan hul lot daar in Wenen?

Toe hy tuiskom, tref hy sy pa in trane aan. Hul sinagoge is afgebrand deur die Nazi’s. Toe wys Viktor se pa hom een stukkie graniet wat hy kon red uit die brandende gebou. Een letter van die Tien Gebooie was daarop geskryf, een uit die vyfde gebod wat lui: Eer jou vader en jou moeder!

Toe bel Frankl die ambassade en kanselleer sy visum. In Julie 1942 is hulle na die konsentrasiekamp in Theresienstadt gedeporteer, waar sy pa gesterf het. Sy vrou, Tilly, het gesterf in Bergen-Belsen; sy jonger broer het naby Auschwitz gesterf. Hyself en sy suster het genadiglik die doods-kampe oorleef.

Daar is geen groter liefde as dat ons bereid is om ons lewe vir ander af te lê nie. So leer Jesus ons. Hierdie liefde van die Here oortref alle ander emosies en keuses. Dit laat ons selfs ons eie veiligheid tweede stel.

Ons is uitverkoop aan Jesus wat sy eie lewe vir ons op die altaar geplaas het. Ons gee onsself aan Hom en aan ander.

Meer oor:  Viktor Frankl  |  Gee Onsself  |  Veiligheid  |  Jesus  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.