Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ons is God se oogappel

As daar een woord is wat baie emosie ontlok, is dit “voortrek”. Wanneer kinders voel hul ouers trek een van die ander kinders in die huis voor, is die vet in die vuur.

Geen wonder dat Josef se broers van hom ontslae wou raak omdat hy die witbroodjie was van hul pa, Jakob nie. Of hoekom Kain sy broer Abel in Genesis 4 vermoor het nadat God sy offer aangeneem het.

Jaloesie en haat daag gereeld op wanneer mense voorgetrek word. In die Romeinebrief skryf Paulus dat God nié hierdie spel met sy kinders speel nie. Hy trek niemand voor bokant die res nie. Hy het al sy kinders ewe veel lief. Hy het nie geestelike witbroodjies wat gedurig ’n hemelse binnebaan het nie. Ons almal is ewe veel Syne. Ons almal het ewe veel toegang tot Hom.

Dit is nie asof die Here meer luister na geestelik betiteldes as na ander gelowiges nie. Ons almal is die appel van sy oog. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.