Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ons is lewende briewe
17 November 2015

“Ons moet standpunt inneem teen politici se onsinnighede en mense se spottery met Jesus,” sê iemand.

Toe dink ek, ons moet altyd bereid wees om ’n goeie getuienis af te lê vir ons geloof. Maar ons posisioneer onsself nie gedurig teenoor almal nie. Dan fikseer ons later net op dié van wie ons verskil. Om heeltyd in sulke armdruk-aksies vas te val, is nie gelowiges se roeping nie.

Eintlik benodig ons veel minder standpunte, maar baie meer leefpunte. Ons is geroep om aan die Goeie Nuus hande en voete te gee. Ons is die Here se lewende briewe.

Ons lewens is ’n veel sterker getuienis as ons woorde. Nee, ons is nie verskonend wat ons geloof betref nie, maar ons doen dit deur die Here se lig te laat skyn met liefde. 1 Petrus 2:15-17 roep ons op om goed te doen en so ’n einde te bring aan die kwaad wat mense uit onkunde praat. Dis die regte manier van standpunte uitleef!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.