Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ons moet bly liefhê en omgee
Laetus O.K. Lategan

Ek dink dikwels aan die lewe as twee hande: In die een hand is dit wat teleurstel of nie moontlik kan wees nie. Dit is, wat ons betref, die “slegte”. In die ander hand is dit wat ons het en wat ons daarmee kan maak. Vir ons is dit die “goeie” hand.

Dié siening is amper ’n Gereformeer-de verstaan van die lig en die skadu-kant van die lewe.

Ek noem dit sommer die gemengd-heid van die lewe.

Bybelse voorbeelde is volop: Moses wat nie die beloofde land kon ingaan nie (Deut. 3: 26, 33:49-50) of Paulus se “doring in die vlees” (2 Kor. 13: 8-10).

Elkeen het ’n teleurstelling. Die “slegte hand”.

Elkeen het ook ’n “goeie hand”. Ons kan oor baie sake die Psalmdigter nasê dat die meetsnoere vir ons in mooi plekke geval het (Ps. 16).

Nie alles in die lewe gebeur soos wat ons hoop of beplan nie. Nog minder waarvoor ons gewerk het.

Nie alles in die lewe gebeur soos wat ons hoop of beplan nie. Nog minder waarvoor ons gewerk het. Dikwels voel dit asof jy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is.

Teleurstellings oorspan die persoonlike lewe. Verhoudings wat doodloop, siekte en lyding, beroeps-uitdagings, vergete ambisies en onver-vulde drome is alles voorbeelde van wat ons dink anders moes verloop het. Soms, volgens eie oordeel, met reg.

Ek merk ook dat mense, myself inge-sluit, hulle so besig kan hou met dit wat nie kan nie dat die ander hand, wat kan, dikwels vergeet word. Ook dit word later ’n teleurstelling.

Nie alles in die lewe is sleg of ’n teleurstelling nie. Daar is baie belo-nende en goeie gebeurtenisse. Dit strek vanaf hulle wat vir jou omgee en na jou uitreik, sukses, aangename herinne-ringe aan ’n reis tot iemand wat pres-teer. Die lys is eindeloos. Dit is hierdie hand wat ons dikwels miskyk en ver-geet.

Vir baie jare het ek oor die gemengd-heid van die lewe gedink. Dit wat buite bereik is en dit wat haalbaar is. Met verbasing het ek besef almal wil die onmoontlike verander, maar ons kyk verby dit wat moontlik en haalbaar is. So asof dít wat kan nie belangrik is nie.

Dit beteken nie ons moet dit wat uitdagend is, ignoreer nie.

Dit beteken nie ons moet dit wat uitdagend is, ignoreer nie. Allermins. Geen mens kan leef asof ’n teleurstel-ling nie plaasgevind het nie. Maar ’n mens leef ook nie in die web van teleurstellings nie. Jou oortuiging is ook nie dat ’n saak vir altyd afgehandel is nie. Dit mag so ervaar word. Maar ’n teleurstelling vra altyd hoe ek verder gaan nadat dit gebeur het.

Dit begin met die gesindheid waaraan Paulus die Romeine herinner: “Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê.” (Rom. 13:8).

‘n Tydlose voorbeeld van hoe ons moet liefhê, vind ons in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Luk. 10: 25-37). Die Samaritaan het geleef binne die denkraamwerk van die onge-wenste persoon. Maar die Samaritaan, anders as die twee kerkmanne, beleef nie die lewe in terme van selfgerigte godsdienstige reëls en menslike voor-keur nie. Die lewe is nie om uit te sluit nie, maar juis in te sluit. Veral hulle wat in die nood is. Veral as hulle jou nie wil ken of erken nie. Ons leer by die Samaritaan nood moet raakgesien word. Nie ander se identiteit of gesind-heid nie. Jou gesindheid is belangrik: Ek haas my na jou nood. Ek help jou. En ek kom weer terug.

Die gemengdheid van die lewe het my geleer om nie die “slegte” hand te ignoreer nie en om die “goeie” hand te waardeer. Hierdie houding is dikwels afwesig.

Al aanvaar ons die teleurstelling van die lewe, mag ons nie die slagoffers daarvan word nie.

Ons moet bly liefhê en bly omgee.

So bring ons barmhartigheid na die gemengdheid van die lewe.

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Liefde  |  Omgee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.