Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ons vroue is Geknelde Land se anker en siel

Ek het ’n week of wat gelede een van die mooiste dinge gesien wat ek nog in my tuisstad beleef het.

’n Groep van seker tien vroue, almal huiswerkers, het op ’n bitter koue oggend pas ná hulle van die bus afgeklim het, ’n sirkel gemaak, hande vasgehou en gebid.

Die flou, opkomende wintersonnetjie het aan die vroue se veelkleurige kopdoeke geraak en die stoom het die koue oggend in opgestyg uit die vrou wat gebid het se mond.

Dit was om die draai van my huis. Ek het net weggetrek om die kinders skool toe aan te ry. Hulle is gebad en kosgegee in ’n huis met krag en lopende water. Hulle word aangery in ’n private voertuig.

Maar hier bid vroue wat voor 04:00 moes opstaan om ’n taxi en ’n bus te haal om in ons huise te werk, vir óns veiligheid. Dié vroue, wat bedags alleen in ons huise is, bid vir ons almal in hierdie land.

Dit het vrede in my hart gebring. Net in Suid-Afrika, het ek gedink.

Dit het vrede in my hart gebring. Net in Suid-Afrika, het ek gedink. Die land van moorde, verkragtings, korrupsie, optogte en verwoes-ting. Meestal deur mans. Hoewel ons in die Rommelstad (eens die Rosestad) die gruwelikste bestuur deur veral vroue moet beleef. Maar dié groepie vroue het my hart warm gemaak.

As daar een belangrike rede is waarom ek nie sommer uit Suid-Afrika sal uitwyk nie, is dit die land se vroue. Hulle hou nie net die land by-mekaar nie, maar is in baie gevalle die murg in die land se pype. Die meeste vrywilligers, voor-vatters en vasvatters is vroue. Dis hulle wat woel en werskaf om skole, organisasies en kerke aan die gang te hou. Meestal net met ’n dankie.

Ek kan een ding onomwonde sê: As al dié vroue wat ons ken in beheer van die land was, was dit in Karel Schoeman se woorde ’n ander land

Ek kan een ding onomwonde sê: As al dié vroue wat ons ken in beheer van die land was, was dit in Karel Schoeman se woorde ’n ander land. ’n Beter land. ’n Land van ware hoop teenoor die ANC se Gesteelde Land. Want die ANC én die vroue in die ANC veral het die land gruwelik versaak in hul hebsug.

As jy die dag effens neerslagtig voel, gaan stap in die straat of deur ’n winkelsentrum en gaan sit in ’n eetplek en hou ons vroue dop. Hulle gesels, lag, huil, los probleme op, ondersteun mekaar. Hulle lyk goed. Dit maak jou dag som-mer beter. Dis of jy in ’n pragtuin vol bome en blomme stap en jy kan die vrolikheid en die geluk inasem.

Ek werk in ’n kantoor met meestal wonderlike vroue. Ek wil dit geensins anders hê nie. Hulle is nie net harde werkers nie, maar gee om vir ander en vir die wêreld om hulle. Ek is geensins teen mans nie – ons handjievol hier is groot pêlle met mekaar en met die vroue – maar daar is niks soos om in die oggend te praat met ’n groep vroue van dié Sonskynland nie.

Gaan pluk vandag op Vrouedag vir jou geliefde, ma, ouma, dogter of suster ’n roos. Of gee vir haar ’n bos proteas of afrikanertjies. En sê baie dankie. Hulle is ons anker en behoud. Hulle dade, gebede en glimlagte dra die land.

Meer oor:  Huiswerkers  |  Vroue  |  Bid  |  Sielsgoed  |  Vrouedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.