Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Op aarde, in Sy hand

Jesus het ons nooit uit die wêreld weggewens nie. Nog minder het Hy ons weggebid. Dit leer ons uit sy gebed kort voor sy kruisiging in Johannes 17. “Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld wegvat nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar,” vra Jesus vir God (vers 15).

Hy wil nie hê ons moet passief in een of ander geestelike wagkamer sit en wag op die volgende vlug hemel toe nie. Hy bid ons terug na die lewe toe om sy getuies hier te wees.

Jesus weet ons kan sinvol hier leef want Hy het ons almal biddend oorgetel in God se hand (vers 9). In dieselfde asem het Hy sy Vader gevra om ons in sy Naam te bewaar (vers 11). Wel, Jesus se gebed is toe verhoor. Ons lewe is nou veilig in die Here se hand, van hier af tot in ewigheid. Daarom leef ons met oorgawe en geloof. Ons leef die hemel elke dag terug aarde toe. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.