Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ou Naka is sterk en braaf en slim daarby

Ek kuier hierdie week so vir ‘n paar uur daar in Senekal, ou Naka se geboortedorp. Hoofsaaklik om vir die feesdae van daai spesiale lamsosaties in die systraatjie te koop, maar ook sommer net omdat dit lekker is om in daai wêreld te kuier.

Dis toe dat een van die manne wat groete vir Naka oordra, vertel dat dié kêrel nie net sterk en braaf is nie maar nog slim en vindingryk ook.

Blouwillem
Blouwillem

Harry Viljoen was op ‘n tyd Bokafrigter en was bekend vir sy innoverende, kraaknuwe planne.

Omdat hy weet dat ons almal ( en dit sluit rugbyspelers in) so oor die feestyd maklik ‘n tien kilo’s of wat kan optel, gee hy toe vir elke Bok wat met vakansie gaan so ‘n “gadget” wat om die pens vasmaak en meet hoeveel kilometer jy oor die feestye op jou eie gehardloop het.

Wel, volgens oorlewering het ou Naka daardie Desembervakansie daar by die see byna dubbeld so ver as enigeen van sy spanmaats gehardloop wat natuurlik vir Harry lont ( of hond) laat ruik en hond se gedagte laat kry het.

Naka moes toe maar met die sak patats vorendag kom (oftewel die hond uit die mou laat ) en bieg dat hy daar op die strand in die Suid-Kaap die heel vakansie vir sy Jack Russell-brakkie bal gegooi het met Harry se meter styf om brakkie se pens vasgemaak.

Twee ou spreekwoorde kom by my op. “Dis nie om die hondjie nie, maar om die halsbandjie” en die minder bekende, “ ‘n Lewendige hond is beter as ‘n dooie leeu.”

Ou Naka, as dit net ‘n “urban legend” is, is ek jammer maar jy moet erken dis ‘n goeie een! En ja, ons feestyd voel sommer beter met jou op die herstelpad!

Ons wonder nou al die laaste twee weke oor die oorsaak van die beurtkragepidemie maar nou is die raaisel vir ons opgelos deur die voorsluiper van die Eksdom-direksie wat vir ons verduidelik het dat dit ons almal se skuld is. Ja, my en jou skuld!

En ek kan dit verstaan.

Omdat daar nie meer krag is nie gebruik ons gewone Piete minder krag en dus verdien Eksdom minder uit kragverkope en kan hulle daarom nóg minder krag opwek en is daar dus vir ons nóg minder om te koop en kan hulle nie vir diesel, steenkool, salarisse en groot Kersbonusse betaal nie en dis hoekom ons nou elke aand braai en ons kersliggies met ‘n handslinger aan die gang hou.

En ja, Oom Paraffien Jordaan, dis goed dat u die Eksdom-base se vakansieverlof gekanselleer het maar maak hulle nie meer skade op kantoor as by die see nie?

Ja my Kroon, met die Medupi-kragskande wat nou herdoop is na N’Candle en u geliefde ANC wat staan vir Another Night with Candles , braai ons maar.

Wat anders? Bring vleis en koeldrank dan verduidelik ek vir u van die kragtelose gevoel wat ons oorval het.

Meer oor:  Blouwillem  |  Oos-Kaap Naweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.