Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Padwysers in jou siel geanker vir nuwe jaar

Dis alweer tyd vir Nuwejaarsbesluite.

Goeie voornemens vir die nuwe jaar is wel nie genoeg nie. Vaste wilsbesluite is nodig om 2019 reg binne te gaan. Ek praat van daardie soort wat diep in jou siel vasgeanker is. Ek het vir myself agt kompaswysers neergepen vir 2019:

  • Ek weet die Here is my Herder. Hy is die Eregas en die Gasheer binne elke situasie, elke gesprek en elke verhouding waarbinne ek staan.
  • Ek glo alle mense is kosbaar. Almal met wie ek te doen kry, verdien respek en waardige behandeling.
  • Ek doen goed aan ander sonder om iets terug te verwag. Ek betaal graag meer in binne elke verhouding waarin ek staan as wat ek ooit daaruit onttrek.
  • Ek is ’n lewenslange student van God se Woord en van die lewe self. Ek leer ook gedurig by ander mense.
  • Ek kies om die Here en ander groter te sien in my lewe en om my eie probleme en laste gedurig kleiner te krimp.
  • Ek kies om elke dag iets goeds te doen vir mense in Jesus se Naam. My geloof is ’n werkwoord, nie ’n voltydse ruswoord nie.
  • God se skepping is kosbaar. Ek doen my deel om dit mooi op te pas. Waar dit beskadig is, help ek graag om dit heel te maak.
  • Ek leef met verwondering, vreugde en met kinderlike geloof. Ek laat elke dag toe dat die Here my karakter tot Sy eer vorm.
Meer oor:  Nuwe Jaar  |  Sielsgoed  |  Nuwejaarsvoornemens  |  Nuwejaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.