Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Plant vrugtebome van hoop as skans teen die realiteit

In die Christelike tradisie is hoop – saam met geloof en liefde – een van die drie sogenaamde teologiese deugde (vergelyk 1 Korintiërs 13:13).

Maar wat is hoop?

Hierdie vraag behoort tot die hart van die werk van die Brasiliaanse teoloog en digter Rubem Alves (1933-2014). Vyftig jaar gelede verskyn sy boek A Theology of Human Hope waarin hy dit duidelik maak dat ons spreke oor hoop nie van ons historiese werklikhede geskei moet word nie.

Daarom sy oproep: Kom ons plant en versorg vrugtebome, al sal ons nooit daarvan eet nie. Want dit dien as teken van ’n hardnekkige verbintenis aan die toekoms van ons kleinkinders.

Hoop staan daarom nie los van die weerstand teen ongeregtigheid en verontmensliking midde-in die geskiedenis nie. Ons moet dus nie hoop sonder die geskiedenis bedink nie. Maar, voeg hy by, ook weer nie die geskiedenis van hoop ontledig nie.

In sy daaropvolgende werk Tomorrow’s Child: Imagination, Creativity, and the Rebirth of Culture (1972) beskryf hy hoop soos volg: “It is the presentiment that imagination is more real and reality less realthan it looks. It is the hunch that the overwhelming brutality of facts that oppress and repress is not the last word.”

Hoop hang dus vir Alves saam met die verbeeldingskrag om die werklikheid dieper te deurskou. Sy pleidooi is allermins vir ’n verstaan van hoop wat nie met die realiteit van pyn en lyding rekening hou nie. Maar swaarkry sonder hoop lei weer tot bitterheid en wanhoop.

Daarom sy oproep: Kom ons plant en versorg vrugtebome, al sal ons nooit daarvan eet nie. Want dit dien as teken van ’n hardnekkige verbintenis aan die toekoms van ons kleinkinders.

Alves verwys dan ook graag na die vertelling aangaande die Japannese kaki-boom. Nadat die atoombom op Hirosjima geval het – en 200 000 mense gedood is, en alles tot op die grond afgeskroei is – het dié boom oorleef. Die Japannese het dit goed versorg, en die sade van die vrugte is weer geplant en na ander stede versprei. Die kaki (persimmon) het sodoende ’n simbool van hoop geword.

Alves se gedagtes oor hoop en verbeelding dien as herinnering dat die werklikheid dalk meer kompleks is as wat ons “realisme” ons toelaat om te sien. En dat ons te midde van ons eie wanhoop oor die toekoms in die lig van die harde realiteit van persoonlike terugslae, politieke onstuimigheid, ekologiese verwoesting en ekonomiese druk, ook met sade van hoop kan rekening hou.

Want volgens Alves is hoop juis gebou op die vermoede “that the frontiers of the possible is not determined by the limits of the actual, and that in a miraculous and unexpected way life is preparing the crea-tive event which will open the way to freedom and resurrection.” 

Meer oor:  Geloof  |  Geestelike Waardes  |  Liefde  |  Hoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.