Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Praat liewer versigtig

Ek is vinnig om my rug styf te maak as iemand heftig van my verskil. Dan staan ek op vir my regte – net om ná die tyd goor te voel daaroor. Die Bybel is so reg dat dit niks help om kwaad met kwaad te vergeld nie. Dit maak dinge eintlik net nog erger. Dalk is die rede vir ons haastige reaksies dat dit ons in beheer van sake laat voel.

Ons wys deur ons eie harde woorde dat ons nie sommer rondgestamp gaan word nie. Maar is dit regtig nodig? Spreuke 15:18 sê ons moet ons woorde tel. Ons moet versigtig antwoord wanneer ons die speelveld van dwase betree.

Harde woorde en kwaai reaksies mag dalk vinnige maniere wees om ons eie standpunte te verdedig, maar of dit wys is, is ’n baie beter vraag. Ja, ons mag van mense verskil. Ons mag ons eie menings hê. Ons dwing dit net nie af op ander nie. Ons praat keurig tot eer van die Heer.

Meer oor:  Godsdiens  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.