Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Regte stroom is veilig

Seestrome is niemand se speelmaat nie. Baie mense het al in gevaarlike seestrome verdrink. Ewe gevaarlik is al daardie ideologiese strome in die lewe wat mense so maklik meesleur. Fanatici is die wêreld vol – van die politiek tot by die godsdiens. Hulle hou daarvan om onskuldiges in te katrol en hul koppe en lewe met vals idees te verwoes. Daarom dat ons versigtig moet wees. Ons moet leer om te onderskei tussen leuen en waarheid. Die Here het vir ons elkeen ’n kop in werkende toestand gegee. Ons moet dit reg gebruik.

Genadiglik het die Here ook sy Gees aan al sy mense gegee om ons elkeen in die waarheid te lei. Die Heilige Gees lei ons nooit op fanatiese of irrasionele maniere nie. In sy stroom is daar nie gevaarlike stroomversnellings soos vrees, dood en vernietiging nie. Die Here se stroom bring lewe, vryheid en hoop. Mense verdrink nooit daarin nie. Jesus sê juis in Johannes 7 dat strome lewende water sal vloei uit elkeen wat Hom navolg.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.