Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Respek onbeperk

Respek vir God en vir mense is een van die pilare van die evangelie. Tog sukkel baie gelowiges hiermee, veral as hulle te doen kry met mense wat met God spot of die Bybel afkraak. Hoe dan gemaak?

Moet ons stilbly en maak asof sulke verkeerde dinge ons nie pla nie? Of moet ons sulke mense haastig op hul plek sit? Wel, ons uitgangspunt is dat ons onsself nie skaam vir die evangelie van Christus nie.

Dit beteken egter nie ons is militant, aggressief of onbeskof teenoor diegene wat anders dink, leef en glo nie. Ons is nie straatvegters vir die waarheid nie, ons is getuies hiervan. Ons is verspreiders van die goeie aroma van Christus.

Só skryf Paulus in 2 Korintiërs 2. Vir sommige is dit ’n doodsreuk, vir ander is dit die geur van lewe. Ons weet dit, daarom kies ons opnuut in elke situasie om met wys­heid op te tree. Soms praat ons, en ander kere bly ons stil, soos wat Spreuke 26:4-5 leer. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.