Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Rian: Niks kom by ’n ma se liefde

Mense moet nie geld op Vadersdag uitgee nie en dit eerder hou vir wanneer Moedersdag aanbreek, skryf Rian van Heerden.

Rian van Heerden.

Hierdie Sondag is dit Moedersdag. Ek hoop jy het onthou. En al weet ons al te goed dat daar ’n baie sterk kommersiële element aan hierdie dag is, net soos met al die soortgelyke mensgemaakte spesiale dae, kan ons dié een nie ignoreer nie.

Dit is ook ongelukkig so dat dié dag eers amptelik in 1914 geproklameer is toe die Amerikaanse pres. Woodrow Wilson die tweede Sondag in Mei tot ’n nasionale vakansiedag verklaar het om moeders te vereer. Voor die tyd moes ma’s seker maar tevrede wees met verjaarsdae om daardie ekstra bietjie liefde en spesiale vermelding te kry.

Maar een ding is seker, ons skeep ons ma’s af.

En ek is ook skuldig daaraan.

Eintlik het ons nie ’n Vadersdag nodig nie. Die geld wat aan dié dag bestee word, moet ook die tweede Sondag van elke Mei aan moeders bestee word.

Jy sien, die twee se pligte is eintlik nie vergelykbaar nie. Hulle is ook op ’n ander manier lief vir hul kinders. Ek is vas oortuig niemand sal ooit vir jou so lief wees soos jou ma nie. Dis ’n onselfsugtige liefde wat net ma’s sal verstaan.

Hul eie lewens word minder belangrik en uiteindelik is hul hoofdoel die suksesvolle toekoms van hul kinders. Ongelukkig is daar moeders wat nie aan die belangrike eienskap van moederskap voldoen nie. Daar is diegene wat hul kleuters alleen by die huis sal los en gaan drink by ’n sjebeen of hul nuwe kêrels sal toelaat om hul hande te lig vir hul kinders.

Tog is daar steeds heelwat meer afwesige vaders as afwesige moeders. Duisende mans verdwyn eenvoudig in die niet of speel vrywillig geen rol in die lewe van hul kinders nie.

Hulle is egter nie moeders nie, maar bloot vroue wat by ’n biologiese proses betrokke was.

Tog is daar steeds heelwat meer afwesige vaders as afwesige moeders. Duisende mans verdwyn eenvoudig in die niet of speel vrywillig geen rol in die lewe van hul kinders nie.

Spermskenkers. Dis dit.

Maar dis daardie vroue wat elke dag skietgebede opstuur vir hul kinders, wat elke oomblik van die dag wonder hoe dit met hulle gaan as hulle hulle nie sien nie.

Dis die vrouens wat eerder later sal eet wat oor is, wat lang paaie loop vir ’n paar rand om die dak oor hul kinders se koppe te hou.

Hierdie Sondag onthou ek ook die opofferings van my eie ma, Rona van der Merwe, wat haar lewe gewaag het om my en my broer in die lewe te bring.

Dis die vrouens wat Vicks op jou bors sal smeer en in wie se arms jy al jou seer kan laat verdwyn, dis die vroue wat raas as jy nie leer nie en seker maak dat die wêreld jou nie té vroeg insluk nie.

Dís ons moeders.

Hierdie Sondag onthou ek ook die opofferings van my eie ma, Rona van der Merwe, wat haar lewe gewaag het om my en my broer in die lewe te bring.

Die dokters het haar in ’n tyd van beperkte mediese kennis gewaarsku teen kinders op haar gevorderde (vir daardie tyd) ouderdom. As sy geluister het, het ek nie nou hierdie rubriek gesit en skryf nie.

Rona het met net 24 eiers haar twee kinders vir weke gevoed. Ek wonder steeds vandag hoe sy dit reggekry het.

Rona sou haar eie klere vir haar kinders gee, maar eers sorgvuldig die items uitsoek wat sy gedink het ’n seun ook sal kan dra. Rona het seker gemaak huiswerk is gedoen en het haar kinders op toetse voorberei met vasvrae-sessies. Sy het die huur betaal toe my pa nie kon nie en deur alles seker gemaak dat niemand ooit kon agterkom dat dit moeilik gaan by die huis nie.

Die feit dat dit goed gaan met haar kinders, sonder erfgeld of aalmoese, is die beste getuienis vir die soort moeder wat Rona was en is.

Jy kon haar gesin altyd deur ’n ring trek.

Die feit dat dit goed gaan met haar kinders, sonder erfgeld of aalmoese, is die beste getuienis vir die soort moeder wat Rona was en is.

Ek wens almal so ’n moeder toe en dink ook dié Sondag aan almal wat so ’n moeder verloor of nooit gehad het nie.

Kom ons maak dié Sondag ekstra spesiaal.

Sonder kafeeblomme en goedkoop koffiebekers.

Kom ons vertel net eenvoudig vir haar hoeveel sy vir ons beteken het.

En steeds doen.

* Van Heerden is ’n TV-persoonlikheid en radio-omroeper.

Meer oor:  Rian Van Heerden  |  Moedersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.