Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Roei bitterheid só uit
anger management, screaming parents

Bitterheid het ’n domino-effek in ons lewe. Wanneer dit wen, vlug vreugde.

Bitterheid steel ook ons vertroue in God en in ander mense. Dit is soos ’n onkruid wat net groter en groter groei in ons hart. Later verdryf bitterheid alles wat mooi en edel is uit ons lewe.

Ek meen, waar het jy al ooit ’n bitter mens gesien wat enige hoop het vir die toekoms? Of wat ander mense vertrou? Of wat mooi praat oor sy of haar naaste? Of wat mededeelsaam is?

Daarom dat Jesus ’n paar keer vir ons sê dat as ons nie bereid is om ander te vergeef nie, dan moet ons nie verwag dat God ons sal vergeef nie. Bitterheid en onvergewensgesindheid loop hand aan hand.

God is egter nie so nie. Hy maak graag ou boeke toe. Hy hou nooit sondes teen ons as ons dit bely het nie. Daarom vra die Here van ons om dieselfde te doen teenoor ander. Dan verloor bitterheid alle groeikrag in ons hart. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.