Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ruimte vir Hom, ander

“As ek op die Titanicwas, sou ek verdien het om op die eerste reddingsboot te wees.” “Ek dring daarop aan om te kry wat ek verdien.” Tipiese stellings wat al hoe meer regmerkies kry wanneer navorsers mense se selfinsig toets.

Só bevind Jean Twenge in haar boek Generation Me. Die toenemende verslawing aan sosiale media is een van die groot oorsake hiervan. Empatie neem wêreldwyd af. Mense raak al hoe meer selfbehep. Baie het ’n skeefgetrekte siening van hul eie vermoëns en regte. Hulle oorskat hul eie belangrikheid; hulle dink regtig hulle is te op en wakker om te misluk.

Dit moenie so wees nie. God het nooit bedoel dat ons in die middelpunt van ons selfgemaakte heelal moet staan nie. Ons is hier om Hom lief te hê, en ander mense soos onsself. Ons lewe kry eers betekenis as ons ruimte vir Hom en ander in ons harte en in ons daaglikse lewens maak. En as ons graag die beste sitplekke afstaan aan mekaar. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.