Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ry of bly? Eerbiedig hemelse permitte

Is dit tyd om te bly of tyd om te ry?

“Dink aan jou kinders se toekoms,” sê sommige taspakkers. “Nêrens ter wêreld is dinge maklik nie,” waag tuisblyers dit. “Die Here sal sorg,” sê ander.

Almal het menings daaroor, jy ook. As gelowige word jou eie menings geskaaf deur die Here. Jou lewe gebeur binne sy roete-aanwysers.

Wanneer dit dan by ry of bly kom, moet jy weet die hele wêreld is God se huis.

Hy is “glokaal”. Met ander woorde, Hy is lokaal en globaal. Hy is plaaslik en internasionaal.

Die Here is sommer die hele heelal vol. Waar jy ry en waar jy bly, dáár is Hy.

Tog deel die Here ook spesifieke reis-en-verblyfdokumente uit aan sy kinders omdat Hy ons op verskillende plekke in sy wêreld wil ontplooi.

As jy dus dink aan ry, moet jy eers vooraf seker maak dat jy wel by die Here ’n reispermit gekry het.

En as jy bly, moet jy weet jy het ’n plaaslike verblyfpermit van Hom gekry. Dan maak jy ’n lewensgroot verskil hier vir die Here.

As jy nie jou eie hemelse reis-en-verblyfdokumente ken en eerbiedig nie, gaan jy nêrens op aarde gelukkig wees nie – nie hier nie en ook nie daar nie.

Enige plek op aarde is lekker. Maar dan moet jy self ook ’n lekker mens wees. Dan moet jy weet waar God jou wil hê. Weet dit en wees lekker!

Meer oor:  Goeie Nuus  |  Stephan Joubert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.