Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Samaritane is orals

Iemand vertel my van haar vriendin wat ’n vlug verpas het. ’n Passasier wat op die lughawe wag op ’n ander vlug vra haar wat gaan sy doen. “I’m praying about it,” antwoord sy. “I think God is very busy at the moment. Let me help you,” reageer hy.

Toe dink ek by myself die Here se Samaritane is oral, met humor en al. Partykeer is dit daardie persoon wat help as jy ’n paar rand te min het vir parkering. Iemand wat jou spasie gee in die verkeer, ’n vreemdeling wat stilhou langs die pad as jy ’n pap wiel het.

God se Koninkryk gebeur verrassend. Om elke hoek en draai loop jy in die hemel vas in die vorm van mense wat help en omgee. Wees ook een van die Here se Samaritane. Laat toe dat Hy jou hart aanraak om mense se nood raak te sien en jou gebruik as die antwoord op ander se gebede. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.