Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Sien God raak anderkant die groepsdruk

Die meeste mense swig onder groepsdruk. Selfs al weet mense die res is verkeerd, sal hulle 80% van die tyd inval by die meerderheidsopinie. Só sê navorsing.

Mense wil nie graag stroomop swem nie. Of te veel uitstaan nie. Tog is dit juis daardie groepie stroomop-swemmers wat ’n blywende verskil maak, ook op God se terrein.

Vra vir Josua en Kaleb in Numeri 13-14. Hulle het pas saam met tien ander verspieders teruggekeer uit die Beloofde Land waarheen Israel op pad was. Die meerderheidsverslag van die ander tien manne was verdoemend: Groot moeilikheid wag. Toe besluit die volk daar en dan om terug te draai na Egipte. Groepsdruk het almal laat swig; almal behalwe Josua, Kaleb en Moses. As dit nie vir God se ingryping en dié drie se dapperheid was nie, was alles daardie dag daarmee heen. Dan was Israel ou nuus.

Loop lig vir groepsdruk. Moenie saam met almal skree “Dis klaar met ons” nie.

Hou jou oog op die Here. Volg Hom. Hy is altyd die meerderheid. Hy is elke keer die oormag van een.

Moenie dat mense se vrese oorspoel na jou toe nie. Moenie dat ander se hooploosheid die bril word waardeur jy na die lewe kyk nie. God is hier, hier by jou. Hy waarborg nie ’n sorgvrye, luilekker bestaan nie, maar Hy waarborg sy teenwoordigheid by jou as sy kind. Sien Hom eerste raak. Sien Hom oral raak.

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.