Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Sit dit af om God te hoor

Een van die moeilikste dinge in ons nuwe wêreld waar sosiale media floreer, is om mense se aandag te behou.

Daar is net te veel dinge wat ons aandag verg.

Almal is aandagafleibaar. Dit gebeur selfs terwyl ons bid of Bybel lees.

Laat ek dan namens myself praat: Wie weet hoeveel keer het ek myself al betrap dat ek aan ander dinge dink terwyl ek bid of na ’n preek luister?

Dit verg moeite om te konsentreer en om God se stem te hoor. Hy ding nie met die sosiale media mee om ons aandag nie.

Of met ander geraas in ons lewe nie.

Of ons hoor die Here op sy terme, of ons hoor Hom nie.

Jesus se gereelde waarskuwing dat diegene wat ore het, moet luister, is vandag steeds waar.

Ons moet leer om ons selfone af te sit, asook die TV en ons rekenaar, om God reg te hoor.

Ons moet leer om reg na die Here te luister. Dan sal ons weet wat om te doen. 

Meer oor:  Geloof  |  Sosiale Media  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.