Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Skinder is uit, regtig

Ek moes lag toe skoonma ons vertel hoedat ’n haarkapper haar nou die dag vra wie die jongman is wat daar by haar kuier. Want iemand het in die haarsalon kom vertel sy het gesien hoe skoonma ’n aanvallige jongman soen wat een aand daar by haar oorgebly het.

Dit was toe al die tyd haar eie seun. My swaer slaap gereeld by haar oor as hy in Gauteng kom sake doen. Toe gaan maak iemand sy eie storie op en vertel dit met ietwat van ’n byt oor by die haarkapper.

Hoekom geniet sommige dit so om mense agter hul rug in ’n slegte lig te probeer stel? Paulus waarsku juis die gemeente van Tessalonika om hul neus uit ander mense se sake te hou. Dit pas nie by gelowiges om stories oor ander mense te vertel nie. Nog minder pas dit by gelowiges om halwe waarhede te versin en oor te vertel. In gewone Afrikaans noem ’n mens dit skinder. Moenie! 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.