Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Slaan irritasie gou hok

Jy sit rustig in ’n koffiewinkel en lees, en dan kom sit iemand teenaan jou wat onophoudelik snuif en hoes.

Of jy beland in die geselskap van ’n sigaretroker wat rook in jou gesig blaas.

Of jy beland agter ’n motor wat teen 80 km/h in die vinnige baan ry en weier om pad te gee.

In sulke tye raak jou geduld vinnig op.

Hoe dan gemaak met sulke goor gevoelens van geïrriteerdheid?

Wel, jy het twee keuses as jy irritasie wil hokslaan: óf jy vermy die lewe óf jy maak doelbewuste keuses om met mense oor die weg te kom in die Heer se Naam.

Geloof vra immers ook om aanhoudende besluite om reg te voel, reg te dink en reg te leef voor God en ander mense.

Jou gewete, wat aan jou karring as jy geïrriteerd raak, moet ook aangevul word met wilsbesluite om sulke gevoelens te keer.

Moenie irritasie in jou hart koester of vertroetel nie.

Dan mis jy uit op God se vrede. 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed  |  Woede  |  Irritasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.