Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Só het Hy oor vreugde geleer
Elmarie Dercksen

Hierdie is dus die nuwe normaal: Dié van ons wat nog werk het, doen dit. Ons draai sente om, koop kruideniersware, kook kos, versorg mekaar. Die kinders is terug skool toe met maskers, en ons hou kerk met koffie in die bed.

Weg is die kuiers in knusse kroegies en restaurante, naweke kamp saam met vriende, sportbyeenkomste. Selfs die introverte is nou al moeg vir tuisbly; ons het genoeg reekse op TV verorber, dankie. En ná die president ons oor die vingers getik het Sondagaand, is selfs die glasies wyn van vlak 3 verbode, weg soos sigaretdampies. Die dinge wat ons kitslekkerte kon bring, die blitsblyd-skappies, is daar weinig van oor. Dit laat ons almal glansloos en verboue-reerd. Ons moet skielik diep delf vir vreugde.

Dit het my laat soek na wat Jesus geleer het oor vreugde (wat ek immers deurgaans moet behou, volgens Paulus, my lewe is Christus en my sterwe is wins). Hoekom is dit dan so moeilik?

Jesus se eie vreugde was vir groot dele van die kerkgeskiedenis ’n om-strede onderwerp. Hy dra immers die historiese titel “Man van Smarte” met waardigheid, en gelowiges wou nie maklik vatplek kry aan ’n vrolike Jesus nie, so asof dit sou afbreuk doen aan die erns waarmee Hy sy roeping voltooi het. Ek stem saam met jong mense in my finalejaarklas: Hy het saam met tollenaars en sondaars gekuier. Hy het stywenek-geleerdes kwaad gemaak, en ek vermoed Hy het dit met blydskap gedoen. Hy was vol humor en kinders wou by Hom wees. Hy vertel sy dissi-pels, daardie laaste nag in die bo-kamer, dat hulle blydskap nog eendag volkome sal wees, soos syne is.

Hy het stywenek-geleerdes kwaad gemaak, en ek vermoed Hy het dit met blydskap gedoen.

Behalwe vir goeie hoop op die ewig-heid, waar kan ek in die nuwe normaal vreugde vind? ’n Verrassende ontdek-king wag toe vir my in Lukas 15, in die verhale oor die verlore skaap, die ver-lore muntstuk, en die pa wat sy seuns verloor het. Dié verhale wys ons moet bly wees om dieselfde redes as waarvoor die engele en God bly is: Elke mens wat omdraai na die goeie, elkeen wat terugdraai na God, elke stukkie in-keer, herstel of herskepping, elke keer wat mense nuut word, of genade ont-vang, of geregtigheid vind.

In die verhaal wat ons ken as “Die verlore seun”, is daar egter een persoon wat nie saam met die pa bly is as sy kind terugkeer nie: Ouboet. Hy fokus op wat hy dink sy broer verdien. Hy is jaloers en kwaad. Sy pa herinner hom daaraan dat hy die hele tyd toegang tot intimiteit gehad het – hy was immers nooit weg nie. En daar is oorgenoeg aan die pa se tafel vir almal; alles wat nou beskikbaar is, was vir Ouboet ook daar.

In die eentonigheid van die nuwe normaal: Hoekom is ons kwaad en bit-ter oor ander se vreugde? As iemand anders iets ontvang – genade, goedheid, en ook agtergeblewe geregtigheid – is dit nie God wat nou omgee vir ’n verlo-re skaap of muntstuk nie? Hoekom ne-gatiewe gevoelens hê? Hoekom dadelik dink iets word my ontneem terwyl ek toegang het tot intimiteit met God, en oorgenoeg van sy tafel ontvang?

Ek vermoed politiekery meng in met ons waardesisteem. Die idee dat ek iets verloor as iemand anders iets wen, is polities. Ons word teenoor mekaar ge-stel en wapens in die hand gestop. Ge-regtigheid geskied aan ’n groep mense met plakkate, en ons vra dadelik: “Ja, maar wat van . . ?”

Hier is die blye Jesus se waarheid: Ek kan tegelyk bly wees oor my bevoor-regte buurman wat gesond van oorsee af terugkom, en oor die minderbevoor-regte kind wat gevoed word. Ek kan tegelyk kwaad wees vir die gebrek aan geregtigheid vir beide Collins Khosa en die boeregemeenskap. Ons kan maar bly wees oor waaroor God bly is, ook, in hierdie tyd. Nie net my eie klein vreugdes en kortstondige lekkertes nie.

Meer oor:  Elmarie Dercksen  |  Geestelike Waardes  |  Sielsgoed  |  Versorging  |  Godsdiens  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.