Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Só wen hemel op aarde

Ek lees onlangs ’n studie wat belangrike verskille uitlig tussen gelukkig getroude egpare en ongelukkig getroudes. Dit het te make met die balans wat eersgenoemdes gevind het tussen positiewe en negatiewe gevoelens en optrede teenoor mekaar.

Dié balans is egter nie ’n 50/50-balans nie. Omdat negatiewe emosies en ervarings so sterk is, is huwelike wat net op 50/50 probeer balanseer, ongelukkig. Die verhouding vir ’n gelukkige verhouding is vyf tot een.

Daar moet dus vyf keer soveel opbouende en positiewe interaksies tussen huweliksmaats wees as negatiewes. Dieselfde geld in ander verhoudings in ons lewe, volgens die ondersoek.

Omdat ons graag moeilikheid eerste raaksien, moet ons hard werk om goeie dinge raak te sien. Vir ons as navolgers van die Here moet dit deel van ons daaglikse geloofsdissipline wees om op te kyk na mekaar. Ons moet mekaar sien en hanteer as kosbare skeppings van die Here. Ons moet dit sommer tien teen een begin doen. Dan wen die hemel hier op aarde. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.