Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Sonder skaamte ’n eie stem gevind . . .
Antoinette Louw

Dis die begin van ’n nuwe skooljaar. Dis die geskarrel vir nuwe skryfbehoeftes. Vir nuwe – peperduur – skooluniforms. Dis die kry van nuwe boeke (waarmee Ma tot watter tyd van die nag sit om oor te trek) en skedules.

Ek dink aan al die graadeentjies. En die gr. 8’s wat hoërskool begin. Aan diegene wat verder gaan studeer. Aan die opwinding – en dalk ’n bietjie vrees – van ’n nuwe begin, ’n nuwe fase in hul lewe . . .

Maar veral dink ek aan dié wat nooit die kans sal hê nie.

Want ek het my eie opvoeding as vanselfsprekend aanvaar – selfs mét die wete dat dit vir baie mense nie vanselfsprekend is nie . . .

En ek voel skaam daaroor.

Hierdie gewaarwording oor myself het gekom ná ’n boek wat ek pas gelees het. Sommer in twee dae kafgedraf. Een van daardie boeke wat jy net nie kan neersit nie. Een van daardie wat jou bybly.

Educated is ’n memoire geskryf deur Tara Westover, ’n jong Amerikaanse vrou.

En haar plek as vrou was skrif teen die muur: Trou op 17, kry kinders, wees onderdanig aan haar man.

Tara het in ’n streng Mormoonse huis grootgeword met ’n pa wat glo die apokalips is in sig. Afgeleë in die berge in die staat Idaho, het hulle alles self gedoen en gereed gemaak vir wanneer die pawpaw die fan tref.

Daar was basiese tuisonderrig – sy kon darem lees en skryf; die Mormoonse Bybel en haar pa se ideologie haar enigste verwysing en onderrig. Haar pa se stem was háár stem. Niks is ooit in twyfel getrek nie.

En haar plek as vrou was skrif teen die muur: Trou op 17, kry kinders, wees onderdanig aan haar man.

In kort besluit sy om te studeer, skryf ’n eksamen vir toelating tot universiteit (sonder dat sy matriek het), en op die ouderdom van 17 stap sy vir die eerste keer ’n klaskamer binne. Vir die eerste keer hoor sy van gebeurtenisse soos die Jodeslagting, van mense soos Martin Luther King.

“Something had shifted . . . I had started on a path of aware-ness,” skryf sy.

Tara het my opnuut laat besef die vermoë om verskillende idees, geskiedenis en opinies te evalueer is die hart van wat dit beteken om jou eie mens te wees.

Vir die eerste keer sien sy dat om haar enkels en skouers te wys, haar nie ’n “h**r” maak nie.

Vir die eerste keer lag sy nie meer as haar broer Shawn haar ’n “n****r” noem wanneer haar gesig vol olie en roet is nie.

“The word and the way Shawn said it hadn’t changed, only my ears were different.”

En dan:

“Not knowing for certain, but refusing to give way to those who claim certainty, was a privilege I had never allowed myself. My life was narrated for me by others.

“Their voices were forceful, emphatic, absolute. It had never occurred to me that my voice might be just as strong as theirs.”

Tara het my opnuut laat besef die vermoë om verskillende idees, geskiedenis en opinies te evalueer is die hart van wat dit beteken om jou eie mens te wees.

Al moet jy opofferings maak.

Mag almal die kans kry tot goeie opvoedkunde.

En mag ons nooit ophou bevraagteken nie. Of leer nie.

Louw is ’n veelbekroonde aktrise.

Meer oor:  Antoinette Louw  |  Denkwyse  |  Brein  |  Seksisme  |  Opvoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.