Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Soos herfsblare verkleur kerk se gebruike ook
Johan van Wyk

Die jaar het toe ryp geword in goue akkerblare, soos N.P. van Wyk Louw dig in “Vroegherfs”. Maar hoekom is party mense so behep daarmee om dit bymekaar te vee en op tel? Dis mos deel van die ewige wisseling van die seisoene om op ’n tapyt van kleurryke herfsblare op sypaadjies te stap.

My kliniese bure kan my dus maar skeef aankyk terwyl hulle krom staan met die besems, ék slaan nie my hand aan een nie.

Soos die ou tante haar puntenerige predikant, toe hy op huisbesoek oor die baie vlieë in haar plaaskombuis kla, daarop gewys het dat haar vlieë “skoon” is, is my blare ook skoon en mooi.

Klaarblyklik nie vir almal nie. Gedurende ’n week in die Paarl om kleinkinders op te pas terwyl hul ouers op ’n sending in die Verre Ooste was, het ek op daaglike wandelings gekyk hoe verbete munisipale werkers herfsblare van die een straathoek tot die ander jaag, opvee en in swart plastieksakke stop.

Vir wat? Om verbrand te word? Hopelik nie. Want die moeë, vertrapte aarde smag na kompos.

Soos die letsels wat ’n lang, deurleefde lewe laat, bly vallende herfsblare nie ongeskonde nie.

Herfsblare bly natuurlik nie goudkleurig nie. Soos die letsels wat ’n lang, deurleefde lewe laat, bly vallende herfsblare nie ongeskonde nie. In die proses van natuurlike ontbinding volg dit bloot die weg van verganklikheid. Is dit dalk die rede waarom mense dit opvee? Om nie op hulle stoepe en werwe met verganklikheid gekonfronteer te word nie?

Ek het daaroor gewonder toe ek verlede Sondag voor die erediens deur die grafte rondom die historiese Strooidakkerk in die Paarl gestap het.

Die grafstene van bleek marmer en die witgekalkte grafkelders van die heengeganes van wie sommige al meer as 300 jaar daar in die stof woon, was vol van die swart vlekke wat eens goudkleurige akkerblare deurweek met winterreën gelaat het.

Dis nie al waaroor ek gewonder het nie.

So mildelik dat die nat, glimmende granietrots teen die Paarlberg bokant die kerk soos ’n glinsterende pêrel in die son geskitter het.

Dis nie al waaroor ek gewonder het nie. Terwyl die leraar (in ’n lemmetjiegroen hemp nadat hy van sy baadjie ontslae geraak het) ons verseker het dat ’n toga, bef, die aroma van nagmaalwyn en of jy klein of groot gedoop word geen jota of titel se verskil aan jou saligheid sal maak nie (omdat God nie ’n god van mensgemaakte godsdiens is nie, maar van medemenslike liefde), het ek ook gewonder waarom predikante deesdae van ’n preekstoel af wegskram asof vir ’n geelslang.

Terwyl ek van die galery se harde bankies my nek moes rek om hom voor ’n kateder te sien, was die Strooidakkerk se pragtige preekstoel, met ’n uitsig oor die volle omvang van die gebou, leeg en eensaam.

Meerderwaardige verhewendheid? Nee. Calvyn self bevestig dit. Maar waarom die NG Kerk amper so verbete soos die blaaropveërs is om van ou, heilsame gebruike weg te breek, sluk ek al moeiliker.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Kerk  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.