Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Sosiale media vertroebel geloof, getuienis

Binne 24 uur neem twee voorvalle toe my sosialemedia-ruimtes oor. Die een is die video van ’n beswaarde ouer oor kunswerke van ’n leerling aan ’n KwaZulu-Natalse private skool. Die ander een is ’n voorval by ’n skool in Kempton Park waar kinders baklei. Video’s van albei voorvalle was binne ure viral, soos wat die Engelse sê.

En ons vergewis onsself altyd van die regte feite voordat ons enigiets aanstuur.

Terwyl ek na die emosioneel gelaaide reaksies daarop kyk, besef ek opnuut hoe eensydig en magtig sosiale media is. Binne enkele ure stoei en dreig mense mekaar hier flou oor die voorval in Richardsbaai. In die naam van oningeligtheid verander ’n alleenstaande voorval by ’n skool skielik in die normale gang van sake.

Lyk my ons kort nie net hemelse wagte voor ons mond nie, maar ook voor ons tikvingers en ons emosies. Ons benodig regtig die Here se wysheid. Elkeen het ’n seepkissie in die kuberruim. Elkeen het hier ’n mening. Nogtans is nie alle menings ewe geldig of moreel nie. Vir seker mag ons hier debatteer. Natuurlik moet ons praat as God se eer en mense se integriteit op die spel is.

Maar ook op sosiale media is ons die Here se getuies. Ons meld nooit hier aan as sy regspan wat Hom moet probeer verdedig of as straatvegters wat ander moet uithaal nie. Ons skuld mense die waarheid deur ons woorde en ons integriteit, nie deur ons strydlustigheid nie. En ons vergewis onsself altyd van die regte feite voordat ons enigiets aanstuur.

Meer oor:  Geloof  |  Vertroebel  |  Sosiale Media  |  Goeie Nuus  |  Getuienis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.