Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stap in regte Rigting

“Alles val!” sê die vrou hard en driftig. Almal kyk op. ’n Jong man stap gou nader om te help, maar is verleë, want hy kry niks wat geval het nie. “Die land val, diens val, alles …” sê sy weer en stap uit. Op baie plekke val dinge. Maar baie mense tel ongesiens die vallende stukke op. Onlangs beleef ek presies dít in ’n gesprek met ’n senior polisiebeampte in Kaapstad. Sy vertel dit is haar roeping as gelowige om daar ’n verskil te maak. Dinge is moeilik, sê sy.

Sy weet nie hoe lank hulle nog die fort sal kan hou nie. Ek sê toe vir haar sy staan minstens in die pad van moeilikheid. Dit is wat van ons gevra word. Wanneer ons hier en nou doen wat reg is, vind belangrike skuiwe plaas in die regte Rigting. Wanneer ons nader hardloop om dit wat geval het, reg te maak, word dinge beter.t

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.