Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stephan Joubert: ’n Goeie spelpatroon

Ons het net een lewe – leef dit voluit vir God. Ons leef heel eerste vir Sy goedkeuring, vir daardie woorde: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg . . .”

Ons is meer as ons mislukkings. Die Here hou van ons, ondanks ons struikelinge, foute en tekorte. Hy weet alles van ons, nogtans is Hy vir ons lief. Hy begin dag vir dag oor met ons. Daarom is mislukkings nooit die einde van ons wedstryd nie. As ons neerslaan, buk God langs ons en verbind ons wonde. Dan laat Hy ons nogmaals met grasie uitdraf in Sy span. Nooit volg ons ander mense se spelpatroon slaafs na nie. As ons probeer om gedurig aan ander se verwagtings te voldoen, gaan ons nooit die potensiaal bereik wat God in ons belê het nie. Ons speel daagliks op unieke maniere tot eer van God. – Stephan Joubert

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.