Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stephan Joubert: Ons verskille ten spyt

Loop jy jouself soms vas in ’n godsdienstige ontsmetmiddel? Mense wat wil hê jy moet eers hul eie godsdienstige ontsmetting deurloop voor hulle besluit of hulle jou ernstig kan opvat. Hulle wil jou eers toets om te kyk of jy so “behoudend” is soos hulle. Is jy pro-dit, anti-dat?

Stem jy saam met dié siening van ’n Bybelse leerstuk, of met daardie? Het mense net integriteit wanneer hulle met ons saamstem? Is mense net betroubaar solank hulle by ons godsdienstige idees hou? Wel, dan loop ons die evangelie van Christus met ’n volle myl mis.

Dan maak ons van ons regsinnigheid ’n afgod en laat val ons die Bybelse opdrag dat ons mekaar moet liefhê ten spyte van … Dalk is dit juis ons mooiste getuienis: Dat ons goed met mense oor die weg kom, al verskil ons met mekaar oor alles onder die son. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.