Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stille Uur: Daar is vergifnis en oorwinning oor sonde

Wanneer ons in sonde val, oortuig die Gees van God ons van die verkeerdheid in ons lewe.

Soms is dit ’n sonde waarmee ons lank aangehou het, soms is dit iets waarmee ons onsself in die skande gebring het.

Dan kom daar in ons hart ’n diepe hartseer en pyn omdat ons God bedroef het. Ons is ook skaam voor mense en voor God. Ons besef die aakligheid van die sonde en die wreedheid van ons vyand, Satan. Ons sien die skade in ons lewe vanweë die sonde waartoe ons ons laat verlei het. Ons begryp weer opnuut dat Satan maar een doel met ons het, en dit is om ons te beroof en dood te maak.

Die profeet Jeremia verwoord sy volk se hart as hy uitroep dat die sonde soos ’n pes is wat in ons eie liggaam woed en soos ’n swaard wat die mooi in ons lewe doodmaak (Klaagliedere 1:20).

Jeremia vra hier dat die Here in sy en die volk se harte sal inkyk en sal sien hoe onrustig en benoud hulle is oor hulle sonde. Hy vra dat die Here hulle Trooster sal wees, want daar is niemand anders wat hulle kan troos nie (vs. 21).

En hy vra die Here om die vyand te verslaan.

Wanneer jy oortuig raak van jou sonde val die vyand, Satan, jou aan en probeer jou oortuig dat jy nie meer die reg het om na God te vlug nie. Dan mag ons egter weet dat dit juis die Trooster, die Heilige Gees is wat ons oor ons sonde onrustig maak.

Hy bring die onrus sodat ons ook tot God kan roep om ons berou raak te sien, dat Hy ons die ware troos kan bied.

Die troos is: Daar is vergifnis in Christus, maar ook oorwinning oor die sonde en Satan.

Kom nou dadelik in jou onrus en berou na jou God toe! – Prof. Gert Breed, teologiese skool, Potchefstroom, in GKSA-kalender, 2021.

Meer oor:  Sielsgoed  |  Stemme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.