Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stille Uur: Die Heilige Gees breek Sy nuwe wêreld oop

God se Woord en Gees breek nuwe wêrelde vir my en jou oop – juis in uitdagende tye!

Efese was die as waarom die lewe in Paulus se tyd gedraai het.

Efese was die sleutel tot ekonomiese voorspoed wat aan haar strategiese posisie op die handelsroete van die destydse wêreld toe te skryf was. Nog meer: As gevolg van die wêreldgodsdiens van Artemis was sy ’n ekonomiese inspuiting vir so baie.

Juis hier bring die Heilige Gees ’n rykdom wat nie deur mensehande gemaak kan word nie.

Geen wonder nie dat Artemis beskou is as die godin van vrugbaarheid in die ekonomiese sin van die woord. En ook geen wonder nie dat hierdie stad bekend gestaan het as die Beskermer van Artemis. Sy het deur die silwersmidbedryf soveel geld in die ekonomie van Efese laat instroom. Silwersmede het aandenkings van die bekende Artemis-beeld asook van haar tempel vervaardig en dan ten duurste te koop aangebied.

Juis hier bring die Heilige Gees ’n rykdom wat nie deur mensehande gemaak kan word nie. God se koninkryk (Handelinge 19:26).

Terwyl Paulus en sy helpers die evangelie verkondig, breek die Heilige Gees en die Woord mense se hart oop.

Die Gees maak mense van hierdie wêreld afvallig van hul mensgemaakte afgode om God, wat nie deur mensehande gemaak en beheer word nie, te volg. Mense verlaat die wisselvallige wêreld, wat gebou word op menslike planne en gierigheid, om deur die Heilige Gees en die Woord tot ’n lewende verhouding met Jesus Christus te lewe.

So deurdring God se ewige Koninkryk menslike koninkryke en laat mense God se nuwe wêreld opsoek. Soek Hom ook nou op en laat jou deur Hom lei.

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.