Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stille Uur: God is vol vreugde en blydskap oor sy volk

Dit is onmoontlik om die grootte van God se genade te probeer beskryf. Hy het ons uit genade alleen deel gemaak van sy volk. Ons verlossing is op sigself genoeg rede om met opregte blydskap God te loof en prys.

Die boek Sefanja eindig met nog ’n rede vir blydskap, naamlik God se gesindheid teenoor sy volk. Hy is vol vreugde en blydskap oor sy volk. Soos ’n bruidegom vol vreugde is oor sy bruid, so verheug God Hom oor sy volk.

God belowe hier om ’n einde te maak aan sy volk se vernedering en smart. Hy sal ook die noordelike stamme wat in ballingskap verstrooi is, bymekaar maak. Hy sal hulle laat deel in die feestelikhede in Jerusalem.

God se verhouding met sy volk is as’t ware reeds herstel. Hulle hardloop nie meer agter afgode aan nie. Die Here wat met hulle ’n ewige verhouding aangegaan het, word weer as hul God bely. Soos ’n bruidegom in stilte sy bruid kan geniet, en op ander tye uit volle bors in vreugde kan sing oor haar, so is die Here se vreugde oor sy volk.

Ons sien in Openbaring 21 dat God se finale vervulling van hierdie belofte in die ewige lewe sal wees. Vers 2 vertel van die nuwe Jerusalem wat neerdaal. Die stad is versier soos ’n bruid vir haar man. Hierdie beloftes staan vas. Daar sal geen meer leed, smart en pyn wees nie. Hy sal self by ons woon. Sy teenwoordigheid sal ons bly maak en lofliedere laat sing.

Laat ons dan sing van blydskap! Laat ons hele lewe sing van die heerlikheid van ons Bruidegom, Jesus Christus. – Ds. Peter Hattingh (Okahandja), Uit: GKSA-dagboek 2020 

Uit die Woord: Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou. – Sefanja 3:17

Meer oor:  Sielsgoed  |  Stille Uur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.