Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stille Uur: Prys die Here vir sy bystand in álles

Psalm 34 is ’n persoonlike lied. Dit vertel van dinge wat die digter self ervaar het.

Dit vertel hoe die Here hom in sy diepste nood gehelp het. Dit vertel hoe die Here sy gebed verhoor en hom verlos het.

Dit gaan waarskynlik oor die gebeure wat in 1 Samuel 21:10-15 beskrywe word toe Dawid hom kranksinnig gehou het voor die Filistyne. Op grond van wat hy persoonlik ervaar het, sing hy nou ’n loflied tot eer van die Here.

Jy het waarskynlik ook persoonlike ervarings waar die Here jou in die donkerste tye van jou lewe bygestaan en uitgehelp het.

As jy self ervaar het hoe die Here jou in jou swaarste swaar gehelp het, kan jy nie anders nie as om te sing: “Ek sal die Here altyd prys.”

Dan prys jy Hom in alle omstandighede – “in weelde en ongeluk “ en “in voorspoed en in druk”.

Ons glo dat Jesus Christus ons uit ons heel diepste nood, naamlik die nood weens ons sonde, gered het en sy Gees aan ons gegee het om ons te troos en ewig by ons te bly.

As jy dít met hart en siel glo, kan jy ook nie anders nie as om te sing: “Ek sal die Here altyd prys.”

As ons dié lied sing, is dit goed vir ander. Die “ootmoediges” (dié wat klein is voor die Here) sal dit hoor en daaroor bly wees. Dit gee moed aan dié wat swaarkry.

Kom ons sing almal die lied. So leer ons mekaar Wie God is en wat Hy doen.

So leer ons mekaar dat die Here ons beskerm.

So leer ons mekaar om God se goedheid te ervaar.

So leer ons mekaar dat die Here sorg vir dié wat selfs in die diepste nood Hom dien.

– Ds. Jannie van der Schyff (Welkom), Uit die GKSA-kalender 2020.V

  • Uit die Woord: Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. – Psalm 34:2
Meer oor:  Sielsgoed  |  Stille Uur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.