SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Stilwees beter as antwoorde
Laetus O.K. Lategan

Oor die lewe het ons baie vrae. Almal wonder oor dit wat in die gang van die lewe beleef word. Baie keer word die hóékom en wáárom van die lewe nie beantwoord nie.

Ek wonder dan of ons mekaar regtig kan troos met die perspektief dat wat ook al gebeur het, dit tot “iets groters” kan lei of dat dit ’n oefenskool vir die geloof is?

Niks hiervan word deur die Bybel of selfs lewenservaring ontken nie. Maar die lewe bly gebeur, al kan ons nie alles verklaar nie.

Baie vrae en baie worsteling oor die lewe is nodig – vra maar vir Job. Maar vra ook wat sy antwoord op alles is: stilwees voor God, sê Job twee maal, is hoe ’n mens voor God moet wees (Job 39: 37-38).

Job se verhaal konfronteer verskeie van ons gevestigde oortuigings oor die hóékom en wáárom van die lewe.

Een hiervan is dat voorspoed volg op wat jy reg doen. Job het ook so gedink totdat dié skema nie inpas in die lyding wat hy beleef nie. Lyding gebeur, ten spyte van, sou ons sê.

’n Derde les uit Job is dat verliese werklikhede is. Verliese kan nie ongedaan gemaak word nie.

Nog ’n waarneming is dat teenwoordig wees by iemand, beter is as die oortuiging wie reg en verkeerd is. Wanneer Job se drie vriende kom om hom te bemoedig, sit hulle sonder woorde by hom. Maar as die gesprek eers vlam vat, dan moet hulle gou hoor dat met hulle die wysheid uitsterf (Job 12:2). Om by iemand teenwoordig te wees, is dikwels van veel meer waarde as om met baie woorde te probeer troos.

’n Derde les uit Job is dat verliese werklikhede is. Verliese kan nie ongedaan gemaak word nie. Job 42:14 sê duidelik daar was weer kinders, maar nie dieselfde nie. Wat gebeur kan nie sommer ongedaan gemaak word nie.

Job maak ons verstandelike oë oop dat die lewe op sigself nie verklaarbaar is nie. Nie alles pas in ons netjiese skemas van vraag en antwoord nie.

Inteendeel: Die diepste lewensvrae sentreer rondom die insig dat nie alles ’n antwoord het nie.

Job kan byvoorbeeld nie een antwoord gee op God se vrae hoe sy, Job, se elke dag se lewe verstaan moet word nie. Vanuit sy bekende wêreld word Job gekonfronteer met wie het die haan die wysheid gegee om dagbreek aan te kondig. Hy het nie ’n antwoord nie. Hy weet ook nie wie die vader van die reën is nie. Hy was self nog nie by die ingang van die doderyk nie (Job 38).

En tog: ’n Mens lewe, al is daar nie altyd antwoorde vir die klaskamer van die lewe nie.

Dit is binne hierdie stilwees dat jy die misterie van God se bestaan belééf.

Jy aanvaar God en word stil voor Hom. Dit is wat geloof is: Die aanvaarding van dat jy nie alles weet nie. Ook dat God anders is as wat jy dink Hy is of moet wees.

Hierdie stil oortuiging plaas ’n groot vraagteken oor ’n rasionele teologie dat alles ’n bewysbare antwoord het.

Dit trek verder ’n streep deur die meetbaarheid van alles. Dié stilte voor God bring ’n antwoord wat onmeetbaar is, maar wel beleef kan word.

Dit is binne hierdie stilwees dat jy die misterie van God se bestaan belééf.

Soos almal wil ek ook ’n antwoord hê oor hoekom iets gebeur het.

In die feitelike verloop van die lewe is dit maklik om die antwoord te hê. Bewyse spel uit wat gebeur het en wys die vinger na die een wat dit alles beplan het.

Maar antwoorde oor die bestaansvrae van die lewe is moeilik te vind.

Dan word jy stil. Jy aanvaar dat verliese werklik is. Jy stap weg van ’n teenwoordigheid wat in plaas daarvan om te troos, eerder in ’n slagveld ontaard. Daarvoor sê jy nee!

  • Jy hoor in die stilte dat jy die waarheid oor God gepraat het. Prof. Lategan is senior direkteur: navorsingsontwikkeling en nagraadse studies aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat (SUT).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.