Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Súlke beskouinge ontneem ons van ons menslikheid

Vroeër in die week kry ons die geleentheid om saam met vriende die Joodse museum in Berlyn te besoek. Hierdie museum is ’n aangrypende ruimte waar die argitektuur kragtig meewerk om iets van die geskiedenis van die Jode in Nazi-Duitsland te verbeeld – ’n geskiedenis wat, kan ’n mens byvoeg, op ’n fundamentele vlak vormgewing en verwoording weerstaan.

Ons besoek die museum ’n dag ná die aanslag deur ’n verregse op ’n sinagoge in Halle in die ooste van Duitsland, waarin hy twee mense doodskiet. Dié terreurdaad dra sekerlik daartoe by dat die museum met sy skewe mure, onewe vloere, en treffende leë ruimtes op ’n nog dieper vlak tot ons spreek, en ons tot nadenke en stilte stem.

Asook dat die installasies en dokumente – met die fokus op die lewe, vervolging, ballingskap en massamoord van die Jode gedurende die Nazi-tydperk – ons nog sterker met die indruk laat hoe spesifieke ideologieë ménse se lewens kan vernietig.

Teen dié agtergrond is dit ’n teken van hoop as kerke en godsdienstige gemeenskappe die bronne in hul eie tradisies ontgin wat ons help om met erns en teerheid met die menslikheid van ander om te gaan, asook die menslikheid binne in ons.

Tans is daar ook in hierdie museum die uitstalling This Place te sien waarin 12 internasionaal bekende fotograwe deur hul werk iets van die kompleksiteit van die alledaagse lewe in Israel en die Wesoewer probeer weergee.

Die Franse fotograaf Frédéric Brenner, die inisieerder van die projek, beskryf die uitstalling as ’n poging om perspektiewe te bied waarin vooroordeel of sinisme nie seëvier nie, maar andersheid én gedeelde menswees belig word. As kommentaar by sy eie bydrae tot die projek skryf Brenner: “Ideologies are a betrayal of the humane in the human. They give us the illusion of belonging while making us strangers to what is most intimate within us.”

Met hierdie opmerking verwoord Brenner iets wesentlik aangaande die vernietigende ideologieë van die 20ste eeu en van ons eie dag. Dit gee ’n valse gevoel van behoort deur die gebruikmaking van strategieë soos uitsluiting en die demonisering van ander. Maar die resultaat hiervan is dat ons nie net ander se menslikheid misken nie, maar ook in die proses van ons eie menslikheid vervreemd raak.

Vir Brenner is dit daarom die tragedie van ideologieë en verwronge godsdienstige opvattinge dat dit die menslikheid in ons menswees verduister.

Teen dié agtergrond is dit ’n teken van hoop as kerke en godsdienstige gemeenskappe die bronne in hul eie tradisies ontgin wat ons help om met erns en teerheid met die menslikheid van ander om te gaan, asook die menslikheid binne in ons. Want, soos Brenner ook skryf: “Repairing the world begins by repairing the world in us.” 

Meer oor:  Geestelike Waardes  |  Menslikheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.