Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Sy rus vir jou gemoed

Onlangs is die woord “pyt” aangewys as die inwoners van Denemarke se gunstelingterm. Hulle gebruik dit wanneer hulle in situasies beland waaroor hulle nie beheer het nie. Dan blameer hulle nie alles en almal nie, want hulle weet die lewe het onbeplande knikke. ’n Mens daag op by die bank of poskantoor en die ry is lewenslank. Dan sê jy maar “pyt”. Of die snelweg staan stil en jy is laat vir werk. Dan is dit “pyt”-tyd. “Pyt” is om saam met Frank Sinatra te sing: “That’s life.” In Afrikaans sou ons sê: “Dis hoe dit is.” “Dis die lewe.”

Natuurlik moet jou geloof jou ook meer sorgvry laat leef. Jou geloof moet al daardie verwyte uit jou hart verwyder. Jesus het dit ernstig bedoel toe Hy in Matteus 11 gesê het sy las is lig en sy juk is sag. Hy gee regtig rus vir jou gemoed. Laat asseblief vandag toe dat jou geloof jou hart tot bedaring bring en jou lewenstyl rustiger maak. Leef “pyt” uit.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Sielsgoed  |  Rubriek  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.