Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Tel jou woorde, altyd!

Een vrou in die kompleks stuur vir haar man ’n SMS waarin sy sê hul bure is simpel omdat hul honde raas. Maar toe stuur sy dit per abuis aan die bure self. Só vertel die ontvangers van die SMS my. Toe vertel ek vir hulle van ’n leraar wat jare gelede deur ’n gemeentelid beswadder is. Op ’n dag lui sy selfoon en dit is die einste gemeentelid. Hy het nie besef hy skakel die leraar se nommer terwyl hy in detail vertel hoe hy hom gaan vernietig nie. Toe hoor die dominee alles.

Die Prediker skryf ’n mens moet versigtig wees wat jy selfs in jou slaapkamer oor ander kwytraak. Netnou hoor die voëltjies dit en gaan tjirp alles oor. Die hemelse veiligheidswag van Psalm 143 moet permanent aan diens wees. Woorde en letters moet versigtig uit ons hart kom, soos dit by gelowiges pas.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.