Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Terwyl dwaas dink daar is geen God . . .

Wie onthou nog 6 Januarie 2009? Dit was die datum toe Richard Dawkins en kie die ateïstiese busveldtog met die frase “There’s probably no god. Now stop worrying and enjoy your life”, begin het. Dit was die begin van die aggressiewe, ateïstiese beweging.

Maar nou, meer as tien jaar later, is daar maar min stoom oor. Die dwaas moes die aftog blaas, want sy bene lê verstrooid op die slagveld, verstrooi onder die sterk apologetiese ontwaking van die kerk.

Tog weet ons dat mense steeds nie in geloof in geredeneer kan word nie, want eindelik is die mens tog maar in sy wese net sleg. Daar is waarlik niemand wat goed doen nie, soos vers 4 ons leer.

Die verlossing uit Sion is steeds die enigste manier om gered te word. Ons Here Jesus Christus wat sy lewe aflê in Jerusalem, sodat ons op grond van sy volmaakte offer gered kan word.

Tog sien ons met hartseer steeds ’n samelewing rondom ons wat hul naaste opeet soos brood en weier om God te dien, selfs al beskou die meeste van hulle hulself as Christengelowiges. Weet hulle dan nie van die vreeslike ding wat sal gebeur aan die voleinding van die wêreld nie? Maar meer as dit nog, ken hulle nie die Verlosser uit Sion nie?

Kom ons gaan leef vandag aktief die alternatief tot jou naaste soos brood opeet, uit. Kom ons gaan dien God in die genade van die Verlosser uit Sion. - Ds. Franscois Pretorius (Phalaborwa), Uit die GKSA-kalender 2020. 

  • Uit die Woord: Julle wat onreg pleeg, wat my volk opeet asof julle brood eet, en wat weier om God te dien – weet julle dan nie dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur, so vreeslik soos nooit tevore nie? God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg, op die slagveld verstrooi. Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan, want God het hulle verwerp.– Psalm 53:5-6
Meer oor:  Sielsgoed  |  Stille Uur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.