Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Toegang nie voorbehou by die kerk

“Ek gaan nie kerk toe nie, want daar is heeltemal te veel skynheilige mense,” sê iemand vir ’n leraar.

“Jy is reg, maar hulle is ook welkom. Daar is nie ’n bordjie by ons kerk wat sê: ‘slegs volmaakte mense welkom nie,’ ” antwoord die leraar. “Ook het ons nie ’n ‘reg-van-toegang-voorbehou’-bordjie daar aangebring nie. Sondaars en vromes, heiliges en skynheiliges is almal ewe welkom… jy ook!”

Toe voeg hy by: “Wanneer ons die Here se nabyheid in die kerk aktief opsoek, skyn sy genade helder op ons. Dan staan ons eie skynheiligheid juis ’n goeie kans om uit die pad geskyn te word.”

Maak g’n fout nie, skynheiligheid is goor. Dit staan die Here glad nie aan nie. Maar nou ja, diegene wat nog nooit in hul lewe skynheilig was nie, moet lostrek met die eerste klippe. Egtheid is wat God van ons almal vra. Maar ook ’n nie-veroordelende hart. Solank ons ander se sondes raaksien en hul foute gebruik om onsself te verontskuldig, is ons ewe skuldig.

My pa het my geleer ons gaan nie kerk te om ander mense uit te kyk nie, maar sodat God ons kan deurkyk. Tot vandag is dit ’n vaste geestelike beginsel in my eie lewe waarvoor ek hom dankbaar is. Ek probeer nooit om mense op en af te kyk nie. Dit laat ek aan God oor. Of om hulle uit te kyk nie. Ek weet slegs God kan in hul harte kyk. 

Meer oor:  Godsdiens  |  Sielsgoed  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.