Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Tool sal nou-nou kom . . .

“Tool sal nou-nou kom, maar ek kry jou langs die grootpad . . .”

Dit was die woorde van ’n besorgde Liezel Wessels omdat sy nie wou hê ek moes verdwaal op pad na hul plaas Kapteinsdrif naby Bonnievale nie.

Johann Maarman

Dit is op haar en haar man, Tool, se plaas waar ek die Donderdagmiddag van 30 November 2017 sou afsaal om die laaste verstellings te doen aan my toespraak wat ek die aand sou lewer by die Hoërskool Bonnievale. Dié hoërskool se skoolkoerant, Voorwaarts, is toe vir die derde agtereenvolgende jaar aangewys as die beste skoolkoerant in die land.

Toe sy ons langs die grootpad sien staan, het die bruingebrande boervrou uit haar wit ryding gewip en my en my vrou kom groet. My oorlede ma – wat in (wit) mense se kombuis gewerk het om die pot aan die kook te hou – het altyd gesê jy sal weet wanneer mense jou groet of dit ’n aanstellerigheid is. Liezel se groet was nie plastiek of kosmeties nie. Dit was eg en warm. Hartlik.

Ons het Kapteinsdrif toe gery. Ek moes byhou, want Liezel kon ’n duisend duiwels uit ’n bakkie ry.

Ons het by ’n effe stowwerige pad afgedraai, deur ’n dippie gery en toe voor die groen grasperk tot stilstand gekom. Liezel het my na ’n ruim aangrensende huis gewys wat gemeubileerd was. Daar was vrugte op die tafel. Piesangs, perskes en pruime.

Die heeltyd het Liezel gebabbel. Gewys waar ek kon rus. Waar die yskas is met kaas, wyn en sap.

Tool sal nou-nou kom, hoor ek haar weer sê.

Ek het die dubbelskuifdeur oopgemaak en op ’n stoel buite gaan sit en oor die praglanderye gekyk. Dit was in die tyd toe die droogte op sy ergste in die Kaap was, maar hier op Tool en Elize se plaas het die wingerde bly bot.

Gistermiddag toe ek by die kantoor aankom en ek sien die foto van Tool en sy gesin, toe is ek verslae oor die sinnelose moord op hom en die wrede aanval op Elize.

En toe kom Tool. Hy kom hoor of ek orraait is. Hy praat oor uitdagings van boere. Op ’n kol sê ek vir Tool ek is net so bekommerd oor plaashekke wat agter boere toeklap omdat plaasaanvalle hulle letterlik wegjaag van hul grond, maar ek is ook bekommerd oor die plaasarbeiders wat ook dan daaronder ly.

Tool het gaan stort. ’n Kwartier later staan Tool in ’n kortmouhemp en kortbroek voor die deur.

Liezel bel of ons al op pad is na die skool. Sy en haar jongste dogter, Jana, is reeds by die skool.

Die aand praat ek dat ons almal uit die lewe se stowwerige strate moet beur en mik na die grootpad.

Met die groetslag is dit Elize en Tool wat my en my vrou by die kar kom afsien. Tool druk ’n groot boks kaalgatperskes in die kattebak.

Ons groet. Tool en Elize wuif.

Gistermiddag toe ek by die kantoor aankom en ek sien die foto van Tool en sy gesin, toe is ek verslae oor die sinnelose moord op hom en die wrede aanval op Elize.

En ek dink aan haar woorde: Tool sal nou-nou kom . . .

Meer oor:  Johann Maarman  |  Liezel Wessels  |  Rubriek  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.